Ys - Rudie van Rensburg
Ys - Rudie van Rensburg
Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 352
Uitgegee: 2018 (Queillerie)
ISBN: 9780795801501
Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite groep van die SAPD. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder.
Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se persoonlike lewe.
En dan is daar die man met Die Drang … en sy kettingsaag. Ysingwekkende oomblikke wag op Kassie en Rooi.