'n Eggo in die Duisternis - Francine Rivers
'n Eggo in die Duisternis - Francine Rivers
Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 470
Gepubliseer: 2006 CUM
ISBN: 9781868297160
Merk van die Leeu #2
In hierdie aangrypende roman, boek 2 in die die Merk van die leeu-reeks, neem Francine Rivers lesers terug na ’n ander tyd en kultuur, en tóg herken ons onsself, ons geliefdes en ons wêreld in die bladsye van hierdie boek. Die hand van God is duidelik sigbaar in die verhaal van Hadassa en Markus soos die evangelie van Jesus Christus ontvou en Hy sy mense bemagtig om die wêreldse dinge te oorwin.
’n Eggo in die duisternis is ’n getuienis van die liefde. Dit is ’n boeiende verhaal wat in eg menslike terme weergegee word. Dit vertel van Hadassa se getrouheid aan haar Verlosser en Markus se soeke na God. Die boek spreek tot elke leser omdat hulle kan identifiseer met hierdie twee karakters se worsteling rondom hulle geloof en hulle liefde vir mekaar. In hierdie verhaal sal lesers opnuut ontdek wat dit beteken om na God se stem te luister.