So seker as wat die dag breek - Francine Rivers

  • R75.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


So seker as wat die dag breek - Francine Rivers

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 442
Uitgegee: 2002 CUM Uitgewers
ISBN: 9781868297498

Merk van die Leeu #3

Atretes glo nie in God nie. Inteendeel, hy glo in geen god nie. Die god van sy land, Germanië, het hom dan in die steek gelaat toe hy weggevoer is Rome toe. Hy moes vir jare in die arena veg as gladiator om die Romeine te vermaak. Maar dit is hier waar hy vir Hadassa ontmoet en hierdie merkwaardige vrou plant die saadjie van geloof wat Atretes nie vir lank kan ignoreer nie.

Uit Atretes se verhouding met lulia word ‘n seun gebore en nadat hy sy vryheid verdien het, gaan soek hy die kind. Hy vind uit dat ‘n weduwee met die naam Rispa vir sy seun sorg. so kruis sy pad met nog ‘n kind van God wat weier om hom aan sy lot oor te laat.

So seker as wat die dag breek is vol geloofwaardige karakters met dieselfde tekortkomings en struwelings as elkeen van ons. Hulle lewe en optrede open ons oë vir die vernietigende krag van woede, maar ook die wonderlike krag van vergifnis. Dit is verhaal vol waarheid en hoop, en dit dra die boodskap van God se onvoorwaardelike liefde. Reis saam met hulle van Efese na Rome en oor die berge tot in die hart van Germanië. Hierdie verhaal is Christelike fiksie op sy beste!


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X