Oulap se Blou - Veertig kort vertellings - Chris Barnard (Afrikaans)

  • R65.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Oulap se Blou - Veertig kort vertellings - Chris Barnard (Afrikaans)

Condition: Very good
Format: Medium Softcover
Published: 2008 - Umuzi Publishers
Pages: 140
ISBN: 9781415200667

Die stories in hierdie boek is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne. En soos reise altyd maak, beweeg hulle jou, want jou siel is die eintlike reisiger. En soos met alle reise kleef daar ’n blouïgheid aan die opwinding.

Veertig jaar ná die verskyning van sy eerste, lank reeds beroemde kortverhaalbundel Duiwel-in-die-bos, het Chris Barnard baie om na terug te kyk. Hy was boekuitgewer, joernalis en filmvervaardiger, en as skrywer was hy een van die befaamde Sestigers wat die letterkunde se grense dramaties versit het. Sy tweede roman, Mahala, word dekades reeds onder die klassieke Afrikaanse werke gereken. Sy oeuvre sluit talle literatuursoorte in: kortverhale en romans, jeugverhale, dramas, draaiboeke (o.m. die Oscargenomineerde Paljas), rubrieke en deesdae lirieke. Sy werk is wyd vertaal. Hy is tans ’n neuteboer in Mpumalanga.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X