Operasie Che - Chris Moolman
Operasie Che - Chris Moolman
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1997
ISBN-13: 978-0-7981-3694-5
Sagtebandboek met mooi gekleurde glansvoorblad, netjiese geskenk boodskap op eerste bladsy. Baie goeie toestand.
Kuba se president Fidel Castro het in die skemer van sy lewe nog een brandende begeerte – om aan die wêreld te bewys dat die kommunisme nie dood is nie. Hy sien in die nuwe Suid-Afrika, waar miljoene mense steeds in armoede leef, ’n geleentheid vir ’n nuwe revolusie en stuur een van sy topagente om die vlam by die kruitvat te bring. En Wium Mostert, senior agent van die Nasionale Intelligensie-agentskap, moet verhinder dat die land in vlamme opgaan. Die Kubaan Lazaro Lazo is egter slu soos ’n vos.
Operasie Che is ’n meesleurende politieke spanningsver-
Haal. Die agent Wium Mostert, held van Sweepslag, is hier weer in die middelpunt van die aksie.
Soos in die vorige boek, moet Wium weer sy kennis en vernuf gebruik om die skurke uit te oorlê. Hy slaag daar in om alles te keer maar Lazaro Lazo is nie beïndruk dat hy hom uitoorlê het nie en wag sy kans af om Wium terug te kry.
Twee weke na die verkiesing reël Wium Mostert ’n partytjie in sy kantoor. Toe hy later in sy motor sit, wonder hy skielik of hy sy woonstel se sleutel in sy aktetas gesit het en begin vroetel in die ou leertas om sy skoot. Hy is verlig toe hy sie sleutels raakvat en skakel die enjin aan. Daar is ’n verblindende flits en dit voel of ’n reuse hand al die lug uit hom pers. Wium hoor nie eens die slag van die ontploffing nie. Lazo, flits dit vir oulaas deur sy gedagtes. Toe is daar net donkerte. Sestien uur later herwin hy sy bewussyn. In die daaropvolgende dae kom wat gebeur het met stukkies en brokkies na hom terug. Daar is ’n swaar verband om sy kop en sy gesig is vol snymerke. Sy regterarm, wat die naaste aan die motor se deur was, is ook verbind. Sy linkerbeen is in gips. Hy is baie gelukkig om te lewe en die ou aktetas het sy lewe gered aangesien dit as buffer tussen sy lyf en die stuurwiel gedien het. Die dokters moes opereer om sy been te red maar die linkerbeen sal korter as die ander een wees en hy het die gebruik van sy knie verloor. Die plofstof wat Semtex en die ontsteker Russies en hy weet dat dit Lazo was.
’n Maand na Wium se ontslag gaan hy bietjie met vakansie. Die Saterdag vertrek “Klaas de Boer”, ’n Nederlandse burger met ’n vlug na Miami en dan na Havana waar ’n agent Maria hom help. Sy sal enige iets doen om hom te help om van Lazo ontslae te raak en lok dan vir Lazo na haar huis. Wium staan half verskuil agter ’n laning van hibiskusse wanneer Lazo daar aankom. Wium wag totdat Lazo by die ingang is voordat Wium agter die laning uit tree. Die Kubaan swaai verbaas om as Wium sy naam noem, maar sy instinkte is skerp en sy regterhand se vinger het reeds om die pistool in die skouerholster gekrul. Hy skiet Wium in die boarm, maar Wium skiet hom met die Walther PPK in die voorkop. Dan stap hy kaai toe waar Maria vir hom wag.