Katriena, vertel ! - Riana Scheepers (Afrikaans)
Katriena, vertel ! - Riana Scheepers (Afrikaans)
Hartstories uit die kombuis.
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
May 2013
Paperback
Pages: 219
ISBN-13: 978-0-7993-5169-9
Condition: Very Good.This book is in an excellent condition. The wraps have some very, very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Katriena, die huishoudster van die halwe huis in Tamboerskloof, is terug!
Met Katriena het Riana Scheepers ’n onvergeetlike karakter geskep wat almal in SuidAfrika laat lag het - vir onsself. En nou is die onstuitbare Katriena terug met nóg meer kwinkslae en stories.
Katriena is ’n vrou met ’n knieg aan haar, en somtyds ook ’n rug en ’n elmboog, maar sy is ook ’n vrou met ’n hart. ’n Ruim hart vol deernis met die wêreld: vir bergies en wedevroue en vroue wat alleen die wêreld moet aandurf, maar veral vir die mêrrem van die halwe huis en haar twee onhebbelike seunskinders.
Met haar onblusbare vermoë om stories te vertel, pluk Katriena die lewe se skeefkante reg; of dit nou is om te vertel van die man wat ’n Namakwalandse plaas geërf het, onder ’n skuilnaam, of van die genade wat uit ’n leivoor kan kom, of van die vrou wie se geraamte so diep in haar lyf sit ...
Katriena, vertel! bevat ’n keur uit die drie Katriena-bundels, met die bonus van ’n handvol splinternuwe verhale.