Die Vloek - Johan Kruger (Afrikaans)

  • R70.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Die Vloek - Johan Kruger (Afrikaans)

Formaat: Sagteband
Bladsye: 415
Uitgegee: 2012 (Lapa)
ISBN: 9780799358278

Condition: Very Good.The wraps have some very, very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.

Op ‘n snikhete somerdag in 1890 grawe ‘n boer in die Bosveld, anderkant Middelburg, ’n leivoor op sy plaas. Onverwags verskyn daar ’n skedel onder sy graaf. So het hy, in die nog erge woesteny wat Rietvallei toe was, die lewensaar vir sy landerytjies deur die kopgedeelte van ‘n graf gegrawe.

Vyf geslagte later probeer sy nasaat, Alwyn Baayenhoek, die vloek wat op sy familiegrond rus, ontrafel. En hoe maak hy met die grondeis wat oor Rietvallei hang?

Alles word op die spits gedryf in daardie nag toe Alwyn en Mpho na Alwyn se pa in die Tygerpoort gaan soek terwyl ‘n storm opsteek. Soos ‘n vader wat na ‘n vermiste kind soek, so soek hy na sy pa.

Die Vloek is ’n spannende en diep ontroerende roman oor die sondes van die vaders wat aan die derde en vierde geslag besoek word. En op die rand van die werklikheid dans daardie onsienlike dinge wat nie met rede verklaar kan word nie.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X