Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom - Marita van der Vyfer(Afrikaanse Skooluitgawe)
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom - Marita van der Vyfer (Afrikaanse Skooluitgawe)
Toestand: Goed - Vorige eienaar se naam netjies op eerste bladsy
Formaat: Sagteband
Bladsye: 168
Uitgegee: 2009 - Tafelberg Uitgewers
ISBN: 9780624049401
Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken.