Die Bittereinde Vrede - M.C.E. van Schoor

  • R850.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Hierdie eerste uitgawe is beperk tot 1260 eksemplare - 26 in volle leer, 200 in gedeeltelike leer en dan hierdie eksemplaar no 252/1000 in hardeband en met die hand genommer.

Die Bittereinde Vrede - M.C.E. van Schoor

Hierdie pragstuk vorm deel van "Die Erwe van Ons Vaad're" -  reeks en is nommer 2

Toestand: Soos nuut
Formaat: Groot hardeband met stofomslag
Bladsye: 256
Uitgegee: Kraal Uitgewers  2005

ISBN: 9780620384155

Die Bittereinde Vrede vul `n lank-gevoelde behoefte in die boekery oor die Anglo-Boereoorlog. Sedert die verslag van Kestell en Van Velden oor die samesprekings te Vereeniging en die ondertekening van die dokument te Melrose-huis het daar nog nooit iets verskyn wat die vredesluiting met die gepaardgaande sielewroeging van afgevaardigdes so treffend uitgebeeld het nie.

Minder bekend is die vroeë vredespogings deur diegene wat geen begrip gehad het vir die betekenis van die woorde, “tot die bittereinde” nie. Prof. Van Schoor slaag daarin om begrip te skep vir wat die bittereinde werklik beteken het en die selfondersoek wat elke afgevaardig-de moes doen voordat die vryheid van `n vaderland weggeteken word. Die studie van die skrywer word deur `n skitterende proloog voorafgegaan.

Die eerste hoofstuk van die doktorale proefskrif van wyle dr. A.P.J. van Rensburg, bekende historikus en politikus, handel juis oor die verarming wat die oorlog teweeg gebring het, weliswaar met verwysing na die Vrystaat. In hierdie proloog word skokkende feite rondom die verskroeide aarde taktiek beklemtoon. `n Enkele voorbeeld is die feit dat Boerekrygers te velde se plase verkoop is om vir die onderhoud van hul gesinne in die konsentrasiekampe te betaal.

Na afhandeling van die honderdjarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog en ook met die perspektief wat tyd aan gebeure bring, is hierdie boek `n noodsaaklike toevoeging tot enige leser of student of spesialis oor die Anglo-Boereoorlog se boekery.



We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X