Hartepad - Gerrit Rautenbach

  • R60.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Hartepad - Gerrit Rautenbach

Sagteband: ISBN: 9780795800658

Publisher: Queillerie: 2013

Condition: Very Good.The wraps have some very, very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.

Watter soort pad is ’n hartepad? Is dit bloot ’n pad van die hart? Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis ’n mengsel van albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul Theroux het gesê “travel is glamorous only in retrospect”), maar wanneer jy terugkom, onthou jy net die uniekheid, die mooi en betekenisvolheid van dit wat jy ervaar het. Elke verhaal in hierdie bundel is ’n reisstorie, maar vat jou nie net na mooi plekke toe nie – dit neem jou op ’n emosionele reis ook. ’n Tipe reis na bínne. Daar’s baie onthou van kleintyd se dinge, maar daar is ook stories wat ’n lagreis word sonder om ’n grap te vertel. Dit gaan nie soseer oor die liefde nie, maar beslis oor die liefde vir reis. Vir ervaar en vir die raaksien van die dieper betekenis van reis. Van jouself blootstel aan die vreemde en altyd op die uitkyk wees vir ’n storie wat besig is om rondom jou af te speel. Want elke reis word ’n storie om oor te vertel. Van Hangklip se hotel regdeur Afrika tot in Mama se kombuis in Napels.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X