Die Padmaker - Christine Barkhuizen le Roux (Afrikaans)
Dedicated and Autographed by Author.
Die Padmaker - Christine Barkhuizen le Roux (Afrikaans)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 352
Uitgegee: 2010 (Human & Rosseau)
ISBN: 9780798174886
Condition: Very Good.This book is in an excellent condition. The wraps have some very, very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Twee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry. Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar saggeaarde pa, ’n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê het en waar haar ma, met haar verbete stryd teen die armoede van die kampe, se probleme begin het.
Katrien se opsoek van die mense en die plekke wat haar gevorm is meer as net ’n herinneringstog. Dit is ’n poging om haar ma te verstaan en om haar eie weg vorentoe te vind. Op die oop pad onthou sy weer haar pa se woorde: “Om te weet waarheen jy op pad is, moet ’n mens onthou waar jy vandaan kom.”
’n Deurleefde, sensitiewe roman oor die komplekse verhouding tussen ouer en kind en die afdruk wat een geslag op ’n volgende laat.