Die Kleur van Verlange - Helena Hugo (Afrikaans)
Die Kleur van Verlange - Helena Hugo (Afrikaans)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 353
Uitgegee: 2010 (Struik Christelike Boeke)
ISBN: 9781415309292
Condition: Very Good.This book is in an excellent condition. The wraps have some very, very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. Previous owner name neatly inscribed on the first page. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Die kleur van verlange is die laaste aflewering in Helena Hugo se gewilde drieluik oor die lewens van karakters soos Nadia, Grant, Patsy en Dirk. Hierdie verhaal begin waar Grant vir die eerste keer op sy pa se plaas Weerbegin aankom. Hy het nie te lank terug nie eers uitgevind van sy pa se bestaan en aanvanklik gaan dit goed – hy is opgewonde oor die plaaslewe en die mense op die plaas is baie in hul skik met hom.
Dit duur egter nie lank nie. Grant en sy pa se verhouding wil nie vlot nie en boonop sukkel hy om in kontak te bly met Nadia. Wanneer hy ‘n spesiale vriendskap ontwikkel met Stefanie, begin hy weer nadink oor sy toekomsplanne. Op haar beurt is Patsy, Grant se ma, steeds bekommerd oor haar toekoms. Haar verhouding met haar seun is nie wat dit vantevore was nie en sy weet nie vir hoe lank sy nog ‘n werk gaan hê nie. Sy weet ook nie hoe sy die situasie met Dirk moet hanteer nie – sy vrou is oorlede, maar staan Patsy en hy nog ‘n kans? Is daar ‘n moontlikheid dat Dirk, Patsy en Grant dalk ‘n gesin kan word? Patsy en Grant is nie die enigstes wat met verlange in hul harte rondloop nie – daar is ook Oudokter, die man wat die geneesheer van die dorp is, maar self ‘n gebroke hart het. Sy eie dogter weet nie dat hy haar pa is nie.
Soos Helena Hugo se vorige twee boeke, Dit gebeur met ander en Die pad na Weerbegin, is Die kleur van verlange ‘n meesleurende verhaal wat lesers nie sal kan neersit as hulle dit eers begin lees nie.