Abel se dogters - Helene de Kock
Abel se dogters - Helene de Kock
Toestand: Goed, een naam
Formaat: Sagteband
Bladsye: 253
Uitgegee: 2003 - Human & Rousseau
ISBN: 9780798143806
Abel Buitendag se lewe op sy plaas in die Oos-Vrystaat het ‘n stil, onverstoorde gang. Of so dink hy. Sy drie dogters smag eintlik na meer warmte en kontak, na ‘n lewe wat gelêêf word. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is.
Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wêreld, gryp die lewe hul met woede en met vreugde vas. Hulle ervaar die storm en soet pyn, ook soms die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ‘n plek in haar lewe waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ‘n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie.
En Christelle kan maar nie haar jeugliefde vergeet nie.