Stem van 'n profeet (Afrikaans Edition) by Snyman, Adriaan

  • R270.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Stem van 'n profeet (Afrikaans Edition) by Snyman, Adriaan

Softcover, ISBN 9780958377911
Publisher: Hugenote Publikasies, 1993
Used - Very Good: Hugenote Publikasies, 1993. First Edition. Paperback. Very Good. Afrikaans text. The covers are a little shelf rubbed, light usage markings. Contents are intact and soundly bound. 

Reeds in sy eie leeftyd al was die alombekende Boereprofeet, Siener van Rensburg, hier en in die buiteland ‘n soort legende. Genls. De Wet en De La Rey het geglo hy is ‘n ware profect, terwyl staatsmanne soos genl. Hertzog, Louis Botha en Jan Smuts selfs in die Parlement getuig het hoedat van oom Nicklas se `gesigte’ bewaarheid is. Siener van Rensburg was, volgens alle beskikbare getuienis, n ware profeet, ‘n diep gelowige Christen en hy het sy gawe van profesie ook nooit vir eie gewin gebruik nie. Hy is reeds in 1926 oorlede, maar tot vandag toe word hy gereken as een van die merkwaardigste persoonlikhede in ons geskiedenis.

Vanaf 1871 tot en met sy dood in 1926 het die Siener 700 of meer gesigte of visioene gehad oor die toekoms van die Boerevolk, ander nasies en ook wêreldgebeure. In 1918 profeteer hy hierdie ontstellende woorde: “Ek sien daar kom ‘n tyd dat die hele wêreld ontgeploeg is (die uitbreek van dic Derde Wêreldoorlog, en dinge is baie deurmekaar). Dan sien ek oor die ongeploegde land lê ‘n slang. Ek sien nie sy kop of stert nie (niemand sal presies weet wat aan die gang is nie. In die kerk sal dinge ook baie deurmekaar wees)… Juis dan sien ek my dogter Anna sit en skryf. Toe weet ek: In daardie tyd sal niemand ook kop of stert van my gesigte kan uitmaak nie, want die een sal sê: Oom Klasie het so gesê, en ‘n ander een sal stry: Nee, hy het sus gesê… Van toe af het ek my dogter gevra om elke dag se visioene neer te skryf…sodat almal eendag kan weet…”

Vir die skryf van hierdie boek het Adriaan Snyman lank intensiewe navorsing gedoen. Hy het die land deurkruis om onderhoude te voer met die handjievol tydgenote van die Siener wat nog die voorreg gehad het om hom persoonlik te ken. Hy het ook honderde briewe met interessante staaltjies en herinneringe in verhand met die profeet, sy gesigte en die verklarings daarvan ontvang. Nicolaas van Renshurg se lewensverhaal, asook al sy visioene en talle uitlegte word nou vir die eerstc keer volledig in boekvorm uitgegee, en die publikasie van Stem van ‘n Profeet is ongetwyfeld ‘n opspraakwekkende gebeurtenis in die Afrikaanse boekbedryf.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X