Genl J.B.M. Hertzog en die ontstaan van die Nasionale party 1913-1914 by J.D. Naude
Genl J.B.M. Hertzog en die ontstaan van die Nasionale party 1913-1914 by J.D. Naude
Uitgawe: Eerste uitgawe - Afrikaans
Uitgegee: 1970
Uitgewers: Voortrekkerpers
Kondisie: Hardeband in ‘n baie goeie toestand, met baie geringe skaafmerkies aan die hoeke van die omslag. Skaafmerkies aan stofomslag is effe meer opvallend, maar is steeds in ‘n goeie toestand en oorgetrek in plastiek.
Die skrywer het die manuskrip oorspronklik in 1964 voorgelê as ‘n verhandeling om aan die vereistes van ‘n Magister Artium in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys te voldoen.
Hierdie studiewerk handel oor een van die vernaamste gebeurtenisse in die geskiedenis van Suid-Afrika gedurende die twintigste eeu: die omstandighede wat daartoe gelei het dat generaal Louis Botha in 1912 besluit het om generaal J.B.M. Hertzog uit sy kabinet to laat, wat uiteindelik daartoe gelei het dat laasgenoemde in Januarie 1914 die Nationale Party gestig het.