Die Voortrekkermonument in Pretoria (Amptelike Gids)

  • R450.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Very Scarce Hardcover-even more so with a Dust Jacket in Good condition.

Die Voortrekkermonument in Pretoria (Amptelike Gids) (Africana-Afrikaans text)

Hardcover: Possibly in late Fifties
Publisher: Beheerraad van Die Voortrekkermonument, Pretoria, South Africa

Used - Very Good: The DJ has some wear and tear but is now covered with a fresh Cellophane sleeve. The Book has some slight tanning on the front and back pages. The book is clean and the pages clear and without markings.

Onduidelik wanneer uitgegee. Skynbaar laat vyftigerjare.(1957-1972)

AAN DIE BESOEKER Lees eers wat hier volg voordat u die Monument binnegaan. Die Groot Trek het uit die Kaapkolonie na die latere Vrystaat, Natal en Transvaal aangerol, beginnende in die jaar 1836. Die sug na onbelemmerde vryheid en die behoefte aan ruimte was die vernaamste drangredes by die Voortrekkers. Afstande en onbegaan bare streke, siekte onder mense en diere, teenstand van die barbare en botsing met ander blankes was die vernaamste struikelblokke. 'n Eeu later het die gedagte ontstaan om die heldedade van die voorgeslag te huldig met die oprigting van 'n monument. Die Sentrale Volksmonumentekomitee met dr. E. G. Jansen as voorsitter neem die saak in hande. Die insameling van fondse by die volk in die algemeen begin in 1931; later neem die Staat die geldelike las op sy skouers. Dr. Gerard Moerdyk is die argitek en ontwerper van die gedenkteken; ook die Historiese Fries is onder sy toesig gelewer. Besonderhede van die fries word in 'n afsonderlike hoofstuk gegee. Die terrein waarop die Monument staan, is byna 200 morg groot en is die eiendom van die Staat. Hierdie situs is met veel sorg gekies nadat die aansprake van ander plekke oorweeg was. By Pretoria, wat in 1855 gestig is, het die Voortrek tot rus gekom; dit was die hoofstad van die grootste Boererepubliek en is die administratiewe hoofstad van die Unie van Suid-Afrika. Van die top van die Monument af kan baie punte tot 40 myl ver uitgeken word. Die oprigting van die Monument het in 1937 'n aanvang geneem. Die hoeksteen is op 16 Desember 1938 deur drie vroue-afstammelinge van Voortrekkerleiers gelê, en op 16 Desember 1949 is die ontsluiting waargeneem deur dr. D. F. Malan, Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika. Die koste van die Monument bedra £359,600. Die Monument staan onder sorg van 'n Beheerraad wat deur die Minister van Binnelandse Sake aangestel is. Die plan bestaan om 'n versameling oudhede uit die Voortrekkertydvak by die Monument te vertoon en om die uitgebreide terrein as 'n natuurpark te ontwikkel. Dit is die wens van die Beheerraad dat u besoek vir u besieling sal meebring. Dit moet u liefde versterk vir die land waarvoor so hard gestry is - daar staan immers 'n ossewa in die benederuim; u toewyding aan die volk verinnig wat soveel gely het - staan 'n oomblik stil by die Sarkofaag; en u geloof vernuwe in God, wat ons tot hiertoe gelei het - die vlam brand altyddeur.  87 bladsye, pragfotos 


We Also Recommend