Die Eindelose Avontuur - n Venster op die wereldletterkunde by Audrey Blignault
Die Eindelose Avontuur - n Venster op die wereldletterkunde by Audrey Blignault
Softcover, ISBN 9780624032137
Publisher: Tafelberg, Cape Town, South Africa, 1994
Used - Very Good. An excellent, clean and tightly bound book.
Die eindelose avontuur deur Audrey Blignault is ’n gids vir almal wat graag wyd én onderskeidend wil lees. In dié versameling essays stel sy lesers voor aan boeke van uitsonderlike gehalte uit verskeie lande en tye.Sy inspireer ’n mens om Montaigne, Melville en Tolstoi te lees; Dostojewski, Flaubert, Mann, Bellow, Perec Allende en nog baie ander. Anna Karénina, Wuthering Heights, Tess of the D’Urbervilles, The catcher in the rye – dis die soort boeke wat jou wêreld nou verruim. Sy dui ook goeie bloemlesings en letterkundige naslaanbronne aan. Onderhodend gee sy inligting en insigte – biografiese gegewens oor skrywers, publikasiegeskiedenisse, bibliografiese besonderhede, en veral: besprekings van ’n werk se tema, inhoud, karaktertekening, simboliek, styl en strekking. Telkens toon sy duidelik aan waarom ’n werk ’n hoogtepunt in die wêreldletterkunde is, en bring ook die leser by die teks self uit met prikkelende aanhalings, dikwels in eie vertaling. En gaandeweg gebeur dit: Die aantrekkingskrag van tydlose geesteskeppinge word onweerstaanbaar. Nuwe horisonne gaan vir jou oop. Of jy die boeke vir die eerste keer of opnuut lees – dit bly ’n “eindelose avontuur”. Daarvan oortuig sy jou met die opwinding en erudisie wat haar leeskringoptredes en boekerubrieke oor die radio en in tydskrifte jare lank gekenmerk het. Niemand in Afrikaans het méér gedoen om ’n liefde vir die goeie boek aan te wakker as Audrey Blignault nie. Haar essays in Die eindelose avontuur bevestig wat sy in 1991 aan leeskringe landswyd voorgehou het: “Ten spyte van verkrummelende waardes om ons heen, ten spyte van toenemende geweld in die wêreld, is daar nog boeke wat ons kan wegvoer uit die onmiddellikheid van ons bestaan na ’n sfeer van hoër, ruimer lewe. Daar is nog boeke wat ons ons geloof in die mens laat behou.”