Water by F.A. Venter
Very Scarce---Limited Edition: Inscribed, dated and signed by the Author, the great South African Author F.A. Venter. Of this book only 153 Copies were numbered.
Water by F.A. Venter(Afrikaans)
Hardcover
Publisher: Afrikaanse Pers - Boekhandel
Undated
Condition: Very Good. The original boards with a DJ are shelf rubbed and edge worn. This book was read and enjoyed but is still overall good. Slight Tanning/Browning of pages and previous owner name on first page. The book has no other inscriptions and the binding is excellent. The book is protected with a Cellophane cover.
Die gedagte aan die uitgee van hierdie monumentale boek oor water in Suid-Afrika het by die Minister van Waterwese ontstaan onder die bekwame redaksie van die bekende FA Venter het tot dié unieke werk tot stand gekom. Aan elke aspek van water word hier deur die deskundiges aandag gegee – damme, reënval, droogtes, besproeiingmetodes, suiwering – ook van rioolwater – en die gebruik en misbruik van water. Dit is ‘n werk so na die hart van elke Suid-Afrikaner want inderdaad is ons by waters gebore en getoë.
En ons ken waternood. Ons en ons diere het al baie dors gely – watertjies uit beesspore opgeslurp, kuilwater met verrottende karkasse daarin deur ‘n sakdoek opgesuig – en in die ooptes van die dorre binneland onder ‘n boom gaan lê om te sterf wanneer daar geen water meer was nie. Maar die blye boodskap is ook daar – daar is genoeg water vir al ons behoeftes as ons dit reg bewaar en gebruik.
Daar is in die Afrikaanse letterkund nie naastenby iets wat met dié epos oor water vergelyk kan word nie en dit sal nog baie jare ‘n gesaghebbende naslaanwerk bly. Dit is ryklik van foto’s en illustrasies voorsien en daarby is dit geskryf in ‘n taal wat vir jonk en oud verstaanbaar is en dit ‘n genot maar om WATER te lees.