Volkslewe van die Afrikaner: Die verhaal van ons Volkskunde (Afrikaans Edition) by Grobbelaar, Pieter W

  • R325.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Volkslewe van die Afrikaner: Die verhaal van ons Volkskunde (Afrikaans Edition) by Grobbelaar, Pieter W

 Uitgawe: Eerste druk

Jaar: 1974

Uitgewers: Tafelberg

ISBN: 0624005925

Kondisie: Omslag in goeie toestand, met geringe skeurtjies om die rande en klein skaafmerkies op die agterblad. Hardeband in baie goeie toestand, met baie geringe skaafmerkies op die onderste hoeke (“Shelf ware”). Intern soos nuut – baie skoon en baie stewig gebind. Vorige eienaar naam in hoekie van eerste bladsy.

Die verhaal van ons volkskunde

“Daar is iets moois in elke volk. Om te weet wát dit is, is besondere kennis van ‘n volk nodig. Hierdie boek handel oor kennis van die Afrikanervolk, en oor die Afrikaner in sy diepste roeringe.”

Wat is die Afrikaner? Hierdie vraag kan op baie maniere beantwoord word, maar die betroubaarste maatstaf lê in die uitinge van sy volkswese. Hoe openbaar hy hom in sy openbare en huislike lewe? Wat is sy godsdienstige gebruike? Hoe speel en ontspan hy? Wat doen die familie by geboorte, huwelik en sterwe? Wat is sy volksliedjies en volkswysies?

Uit die geheel van hierdie en baie meer gebruike leer ‘n mens ‘n volk werklik in sy diepste roeringe ken. Maar die volkskunde gaan verder as net die opteken van wat in die volk leef; dit gaan terug tot by die ontstaanbronne: erfgoed van ons voorouers in Europa, invloede uit Oos-Indië en die Verre Ooste, gebruike van ander volksgroepe op eie bodem. Die volkskunde lê dus ook as ‘t ware die siel van ‘n volk bloot. In hierdie boek word helder uiteengesit wat die Afrikaanse volkskunde eintlik behels en nastrewe. Dis nie net teorie nie, want die leser word opgewek om self ook op ondersoek uit te gaan en daadwerklik sy steentjie by te dra. Hierdie boek is die eerste op sy gebied en open dus nuwe terreine en vergesigte.

Dis sowel ‘n oorsig van wat daar is, as ‘n wekroep om nog meer in te samel, voordat dit verlore gaan. Juis hierdie passiewe en aktiewe aspekte maak die boek so fassinerend en interessant. As ons onsself as volk beter leer ken, kan die volksgoed ook weer opnuut beleef word.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X