Die Boereprofeet - Adriaan Snyman

  • R175.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Die Boereprofeet - Adriaan Snyman

Toestand: Baie goed, met heelwat baie interessante kommentaar deur vorige eienaar in rooi pen en potlood.
Formaat: Sagteband
Bladsye: 79
Uitgegee: 1994 (Hugenote Publikasies)
ISBN: 9780958377935

Die publikasie van Die Boereprofeet (verdere gesigte en verklarings) is die hoogtepunt van Adriaan Snyman se jare lange navorsing oor die legendariese Niklaas (Siener) van Rensburg. Die meeste van hierdie gesigte en verklarings het in die skrywer se besit gekom nadat sy vorige boek oor die Siener, Stem van ‘n profeet, reeds in April 1993 verskyn het.

Die inhoud en verklarings van sommige van hierdie visioene was egter van so ‘n aard dat party van die medewerkers aanvanklik huiwerig was om dit vir publikasie vry te stel. Die Afrikaner se Donker Tyd, waarvan die Siener dikwels in sy lewe gepraat het, staan (volgens sy eie voorspellings) nou voor die deur. Gebeure volg mekaar ook so vinnig op dat as sy visioene en hul verklarings reg verstaan word, is baie daarvan tans besig om ‘n skrikwekkende werklikheid te word, en sal die meeste van hulle ook al teen die middel van hierdie dekade in vervulling gegaan het.

In Die Boereprofeet word Siener se visioene in verband gebring met o.a. die vredesduiwe; Amerika en die VV se betrokkenheid by die finale stryd; die aanloop tot die Laaste Groot Oorlog en waar dit by sy tydtafel inpas.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X