Die Boer se Roer. Die Groot Geweerboek van Suid-Afrika by Prof Dr Felix V Lategan (Afrikaans)

  • R690.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Limited edition no 741 of 2000.

Die Boer se Roer. Die Groot Geweerboek van Suid-Afrika by Prof Dr Felix V Lategan (Afrikaans)

Published: Tafelberg, Cape Town, 1974

ISBN 0 624 00524 0

208 pp with numerous colour and b&w illustrations.

“Die Boer se Roer — Die Groot Geweerboek van Suid-Afrika” is die eerste omvattende en gesaghebbende werk oor ou en moderne vuurwapens in Afrikaans. Dit is geskryf deur ‘n gesoute jagter en ‘n geesdriftige versamelaar wat alom beskou word as ‘n deskundige op die gebied van historiese vuurwapens. Die meer as driehonderd illustrasies maak die boek reeds vir die gewone man ‘n kleurryke avontuur, en vir die kenner en versamelaar sal dit jare lank ‘n gewilde standaardwerk bly. Die boek vertel die verhaal van die ont-wikkeling van die vuurwapen — sedert die Franciskaanse monnik Roger Bacon eeue gelede die samestelling van bus-kruit opgeteken het, tot vandag. Die een na die ander gaan ou vuurwapens voor die leser verby: Die primitiewe lontslot-, draaiskyf- en vuursteenpangewere, die doppiegewere — na ‘n predikant se ontdekking van knalsuursoute, die eerste agterlaaiers, en eindelik die moderne grendelslot-magasyngeweer met sy groefloop.

Byna elke soort geweer en handwapen wat deur die jare oor die wes reld vervaar-dig is, het eindelik sy weg na Suid-Afrika gevind en hier deel van ons leefwyse en ons geskiedenis geword. Vir die eerste keer word hier nou ook die belangrike rol van die vuurwapen in ons geskiedenis aangedui. Dit word ‘n verhaal van moed en durf om ‘n nuwe vaderland met primi-tiewe muskette, Ou Sannas, Oortmans en Jan Cuylenburgs bewoonbaar te maak. Uit herinneringe van vorige geslagte roep die skrywer ‘n beeld op van ‘n pioniersbestaan waar daar met die roer in een hand en die graaf in die ander gewerk word. Maar gaandeweg sien die leser Suid-Afrika ook as ‘n land wat in die vorige eeu nog ‘n wildparadys was waar oorsese en Boere-grootwildjagters met die beste beskikbare gewere jare lank uit die jag ‘n bestaan kon maak.

Voorbeelde van gewere uit feitlik elke ontwikkelingstadium en van byna elke maak, is opgespoor, beskryf en geillustreer. Baie van die foto’s is van besondere stukke in museums en private versamelings. Altesame is daar 123 kleurfoto’s en 185 swart-wit-illustrasies van vuurwapens, toebehore, onderdele en ammunisie deur die eeue.

Met prof. Felix Lategan as ervare gids word “Die Boer se Roer — Die Groot Geweerboek van Suid-Afrika” vir die belangstellende leser ‘n romantiese verkenningstog in die opwindende wêreld van historiese vuurwapens.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X