Die Afrikaners se Groot Trek na die Stede by F.A. van Jaarsveld
Dedication by the Author to the Publisher Perskor with a beautiful message of appreciation by the author to the Publisher...on the first page, signed and dated by the author.
Die Afrikaners se Groot Trek na die Stede by F.A. van Jaarsveld (Afrikaans)
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 313
Uitgegee: 1982 (Perskor)
ISBN: 0628020910
Condition: Very Good+. This book is in an excellent condition. The DJ has only some very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.
Die bekende historikus prof. F. A. van Jaarsveld is op 5 Junie 1982 sestig jaar oud.
Hierdie bundel opstelle word by dié geleentheid as huldeblyk uitgegee. Prof. Van Jaarsveld het ‘n onmiskenbare plek onder die voorste Suid-Afrikaanse historici, en op die gebied van die beskouingsgeskiedenis het hy waarskynlik geen gelyke nie. Die stukke wat in hierdie bundel vervat is, het as verspreide geskrifte verborge gelê en was meestal die resultaat van geleentheidseise.
Behalwe hulle waarde as geskiedskrywing, het elke stuk ook besondere waarde om vir die algemene publiek lig te werp op sommige aspekte van ons volkswording. Die opstelle dateer van 1951 tot 1981. Hulle varieer van ‘n fokus op ‘n redelik `onbekende’ Pretoriase pionier tot die nogal omstrede opstel oor Die Ontmitolo-gisering van die Afrikaner se geskiedsbeeld.
Dis ‘n boek wat met belangstelling deur historici en leke van die Kaap tot in Transvaal gelees sal word, en ‘n waardige gedenkwerk vir ‘n persoon wat soveel tot die verheldering van die Suid-Afrikaanse geskiedenis bygedra het.