Briewe uit die Tuin van Eden, Plettenbergbaai en omgewing by Sue van Waart
Briewe uit die Tuin van Eden, Plettenbergbaai en omgewing by Sue van Waart (Afrikaans)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 288
Uitgegee: 2008 (Lapa)
ISBN: 9780799341911
Condition: Very Good +. This book is in very good condition. The wraps have some very slight/limited signs of wear and the book pages are clean, intact and the corners and spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
* Sue van Waart vertel in haar briewe aan Abraham H. de Vries van die Grootbos, van die manjifieke inheemse Suid-Kaapse oude, olifante, bosbokke, bloubokke, dwergbokkies en kortgebakerde bosvarke.
Van die pragtige knysnaloerie met sy indrukwekkende juweelkleure en onindrukwekkende stem wat saam met die vaal bosloerie met sy trillende kweelstem fladder, en die bosval wat slegs tussen swart en wit kan onderskei van weë die ewigdurende skemer waar hy sy tuiste het. Ook van die bome en die blomme, die orgideë en disas en die kleureprag van die voëls.
Ook van die Grootbos se inwoners, van ou Skoorbek tot die legendariese Dulcy Oosthuizen.
* In die inheemse Suid-Kaapse woude word oerdinge nog aangetref soos hulle gelaat is met die skepping. Van die vroegste tye af het reisigers deur die bos liries geraak oor die bome, die blomme, en die kleureprag van die voëls. Soos Adam en Eva na die sondeval in die paradys, voel die vreemdlik in die Grootbos weerloos naak in sy vreemdheid. Hy voel na aan die kennis van goed en kwaad, aan die magte van lig en duisternis. Hy kan die drang om te vat, te pluk of te skiet nie weerstaan nie; tog weet hy wat hy doen, is nie reg nie…
Vir die ingewyde is die bos ‘n tuiste.
In hierdie briewe van haar aan skrywersvriend Abraham H. de Vries laat sy die leser deel in die opwinding van die Grootbos en die stories en sprokies saam met haar herleef.