Blomme en Bloed-Die verhaal van Langebaan by Andre Groenewald
Collectors: Very Scarce title. Inscribed, dedicated and signed by Author
Blomme en Bloed-Die verhaal van Langebaan by Andre Groenewald-Afrikaans text
Published by Privately published, Langebaan (1997)
Hardcover with pictorial laminated boards. Condition: Very Good. Slight handling related wear.
Johan Andries (André) Groenewald is op 13 September 1922 op Moorreesburg in die Swartland gebore. Hy matrikuleer in 1940 aan die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg waar hy die Dux-leerling is en studeer daarna verder aan die Universiteit van Stellenbosch.Hierna volg hy ’n loopbaan in die joernalistiek en is lid van die redaksie van Die Burger, subredakteur van Die Natalse Afrikaner in Pietermaritzburg en redakteur van Kern.Dan is hy betrokke by die reklamewese en is onder andere verantwoordelik vir die bekende slagspreuk vir Lexington sigarette, “after action, satisfaction”.In die jare voor sy aftrede in 1984 is hy lid van Sanlam se skakelspan in Bellville.Hy is eers getroud met die kinderboekskryfster Dorothea Rossouw en daarna met Valerie Cowley en hy het vyf kinders, waarvan vier by sy tweede vrou. Sy seun Johan is op 25-jarige ouderdom in ’n ongeluk oorlede.Ná sy aftrede vestig hy hom op Langebaan en hier word hy in 1987 en weer in 1991 verkies as burgemeester. Wanneer sy vrou ’n beroerte-aanval kry, word sy in Huis Aristea in Durbanville opgeneem, waar sy in 1997 oorlede is.