Waar die Verlede leef - Karen Kingsbury

  • R65.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Waar die Verlede leef - Karen Kingsbury

Toestand: Baie goed

CUM Uitgewers: 2005

ISBN: 9781770008465

Karen Kingsbury het n wonderlike talent om haar lesers so te betrek dat hulle waarlik omgee om te weet wat met die karakters gebeur. Sy vang die menslike emosies en worsteling aangrypend vas sodat karakters lewe kry. In WAAR DIE VERLEDE LEEF ontmoet lesers vir Ellen Barrett in haar reis deur die verlede. Na haar pa se skielike dood, moet sy teruggaan na die plattelandse dorpie waar sy grootgeword het en n week daar deurbring saam met n gesin wat lyk of hulle mekaar nie meer liefhet nie. In die proses moet sy ook nog rekening hou met n man wat eens op n tyd haar hele lewe was. Hierdie boek bied n groot verskeidenheid situasies: die goeie, die slegte en ook die onaangename. Dit bring die hede en verlede bymekaar en vertel hoe n familie die verlies van n geliefde verwerk. En bo alles bring dit geloof in fokus sonder om prekerig te wees. WAAR DIE VERLEDE LEEF is n lees-moet vir elkeen wat soms in sy eie gister verdwaal. Dit bring selfondersoek en uiteindelik troos.”


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X