Volksverraad ~ Die Geskiedenis Agter Die Geskiedenis - Advokaat P.J. Pretorius (Afrikaans)
Volksverraad ~ Die Geskiedenis Agter Die Geskiedenis - Pretorius, Adv. P.J. - Gewese lid van Nasionale Intelligensie (Afrikaans)
Sagteband
Uitgewer: Libanon, 1996
Condition: Fair. The picture laminated wraps are shelf rubbed and edge worn and have some browning of pages all over the book. Some interesting remarks throughout the book in pencil..it seems as if the previous owner might have a broad knowledge of some highly placed individuals mentioned in the book. This book was read and enjoyed but is still overall good. The binding is excellent and overall the book is still good.
Reeds sedert die dae van die Voortrekkers hunker die Afrikaner na ‘n eie tuiste, maar negatiewe kragte het hierdie strewe ondermyn deur die kern van die volk, ter wille van ‘n sogenaamde wêreldvrede, te verbrokkel. Hierdie kragte opereer egter nie openlik nie. Hulle volg al jare lank geheime agendas. Hulle lieg en bedrieg. Hulle het geen respek vir die waarheid nie, en het die Afrikaner se blinde geloof in sy leiers so genadeloos uitgebuit dat die volk hom vandag op sy knieë bevind.
Die skrywer, ‘n gewese geheime-agent, rig dan ook ‘n persoonlike waarskuwing tot die leser:
“Voordat ons u toelaat om hierdie dokument te lees, wil ons u eers waarsku dat dit ‘n dokument is met ‘n ingrypende inhoud wat skokkend kan wees. Die konstitusionele ontwikkeling van die Republiek is nie een van waarheid nie , maar een van afskuwelike leuens. Gekenmerk deur korrupsie, subversie en hebsug van bepaalde persone wat hulleself Afrikaners noem en wat daarop roem om ons hoogeplaastes te wees. Moord en verraad was hoog op hulle agendas en is herhaaldelik gepleeg.
“Dit was nie ‘n maklike taak om hierdie dokument te skryf nie. Verskeie insette oor die verloop van ‘n paar jaar is verwerk. Die waarheid is somtyds agter die waarheid. Dit is nie die taak van die intelligensiediens om die man voor die hof te bring nie, maar wel die van die polisie. Intelligensie gaan gepaard met die beskerming van bronne. Die polisie is welkom om die feite wat hierin vervat is te ondersoek met die oog op kriminele aanklagte teen die vermeldes. Ons bronne word egter beskerm. Die Waarheid, in soverre dit gebeure betref, moet nogtans uit. Wees dus gewaarsku oor die inhoud van hierdie dokument.”