Voetligte En Applous!: Die Beginjare Van Die Afrikaanse Beroepstoneel (Afrikaans Edition) by Botha Danie
Voetligte En Applous!: Die Beginjare Van Die Afrikaanse Beroepstoneel (Afrikaans Edition) by Botha Danie
Hardcover, ISBN 9781869190903
Publisher: Protea Boekhuis, 2006
Condition: Very good. The pictorial laminated boards has slight wear and the book pages are clean, clear and intact and the spine remains undamaged. Money back guarantee if you are not satisfied.
Voetligte en applous! is die geskiedenis van die pioniers van die Afrikaanse beroepstoneel. Dis ’n onderhoudende verhaal, vol vermaaklike staaltjies oor saamgeflanste verhoe en dowwe voetligte, geleende rekwisiete, huilende babas in gehore en die onvoorspelbare “optredes” van kinders en diere. Die verhaal begin reeds in 1925, toe toneelstukke soos Die heks, Huis-toe en Oorskotjie opgevoer is. Dit is die verhaal van mense wat die onsekere bestaan van rondreisende toneelspeler gekies het: mense soos Wena Naude, Hendrik en Mathilde Hanekom, Andre Huguenet en Lydia Lindeque. Dis by tye ’n verhaal van ontbering en swaarkry, maar dis ook die verhaal van oomblikke van glorie, van hulde en applous. Die teks is ’n uitvloeisel van Danie Botha se jare lange betrokkenheid by die Afrikaanse toneelwereld.
Danie Botha is onlangs deur die ATKV vereer vir sy bydrae tot Afrikaans in die teater- en boekbedryf. Hy het aan Murray la Vita gesê dat sy werk aan Voetligte en Applous!, ‘n boek oor die beginjare van beroepstoneel in Suid-Afrika, een van die hoogtepunte van sy loopbaan was. Botha het dit vreeslik geniet om in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) se argiewe navorsing te doen oor die pionier-toneelspelers se leed, avonture en prestasies