Suid-Afrikaanse Vrouefederasie 1904-2004 Eeufees Gedenkboek - CM Botha

  • R315.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.

Out of stock.


Rare Mint Copy.

Suid-Afrikaanse Vrouefederasie 1904-2004 Eeufees Gedenkboek - CM Botha.

Hardcover: Published by Bent Uitgewers, 2004

Condition: Near Fine. No Jacket. First Edition. 290 pages (complete). In Afrikaans throughout. Beautiful clean and clear black boards with vibrant gilt Titling on face and spine of book. No visible blemishes to be found on this special book.

Die Suid-Afrikaane Vrouefederasie (SAVF) is ‘n welsyns- en kultuurorganisasie met Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes as werkterrein.

Die welsynswerk is gemik op kinder- , jeug- en gesingsorg, sowel as bejaardes, verswaktes, gestremdes en op maatskaplike ontwikkeling. Daarvoor bedryf die SAVF kleuterskole, kinderhuise, dagsorgsentrums, naskoolsentrums, losieshuise, ouetehuise, klubs vir vroue, bejaardes en kinders, werkplase vir beskutte arbeid, dienssentrums en ouerleidingklinieke. Maatskaplike werkers koördineer en lei die werksaamhede.

Die Moedersbond Hospitaal in Pretoria is in 1919 begin gevolg deur nog ‘n twintigtal kleiner kraaminrigtings in die platteland. Daar is ook vroedvroue opgelei. In 1905 is die Armstrong-Berning Tehuis vir getraumatiseerde meisies geopen. Uit 1910 dateer die Môreglans Ouetehuis in Krugersdorp. Koshuise is in stedelike gebiede ingerig vir jongmense van die platteland wat in die stad gaan werk het. Klere en kos is aan behoeftiges voorsien. Kursusse in naaldwerk, spin-, en weefwerk en mandjiemakery is aangebied. Geldelike steun is soms aan skole verskaf en die eerste huishoudskool is geopen. So ook word gehelp met die onderhoud van die konsentrasiekampkerkhowe en is geld bygedra tot die oprigting van die Vrouemonument.

Die weduwee van Saul Solomon, Georgina Thomson, het uit Skotland na Suid-Afrika gekom om hoof te word van die Good Hope Seminary School in die Tuine in Kaapstad. Sy het die SAVF op 19 Oktober 1904 in Pretoria aan die huis van die premiersvrou Annie Botha gestig. Die plan was dat die blanke Protestantse vroue die Afrikaner in Transvaal moet help ophef na die ellende van die Tweede Vryheidsoorlog. Mev. Botha was tot 1908 die eerste voorsitster. Ander bekende voorsitsters vans Susanna Barbara Broers (1876 – Pretoria, 2 Oktober 1947) van 1915 tot 1947 en haar opvolgster Johanna Magdalena Raath (Frankfort, 8 November 1909 – 9 September 1995).


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X