So Het Hulle Gesterf! by G Jordaan. (Afrikaans text)

  • R250.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


So Het Hulle Gesterf! - Laaste Ure van Diegene Oor Wie die Doodvonnis Uitgespreek en Voltrek is in die Kaapkolonie Gedurende die Oorlog van 1899-1902 by G Jordaan. (Afrikaans text)

Softcover A5 Size
Publisher: Bienedell, 2001
Used - Like New.

Soos die subtitel aandui, is hierdie publikasie 'n gedenkboek van Kaapse rebelle en Republikeinse burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 deur die Britse militere owerhede tereggestel is. Dit is gebaseer op G. Jordaan se alombekende boek "Hoe Zij Stierven: Mededeelingen aangaande het einde dergenen, aan wien gedurende den laatsten oorlog, in de Kaap-Kolonie, het doodvonnis voltrokken is" wat in 1904 deur De Stem-Drukkerij, Burgersdorp uitgegee is. (HAUM het laasgenoemde werk in 1944 uit Nederlands na Afrikaans vertaal en onder die titel "So het hulle gesterf" gepubliseer. Jordaan se werk is volgens die skrywers "steeds een van die betroubaarste verwysingsbronne" oor hierdie teregsteIlings, aangesien dit slegs twee jaar na' die oorlog geskryf is, "toe die gebeure nog vars in die geheue van familie en naasbestaandes was"  Dit bestaan uit 'n versameling briewe en verteIlings wat Jordaan gepubliseer het net soos hy dit van die familie en naasbestaandes van die tereggesteldes ontvang het, maar is nie 'n voIledige rekord van aIle teregsteIlings nie. Jooste en Oosthuizen het dus naas Jordaan se werk ook 'n wye verskeidenheid publikasies wat die afgelope eeu oor die Kaapse rebeIle verskyn het, geraadpleeg. Daarby het hulle taIle argiefstukke, foto's en geskrifte in argiefbewaarplekke, museums, biblioteke en privaat besit, asook vele inskripsies op monumente en grafstene tydens hul navorsing vir die boek ontgin. 


We Also Recommend