Op'n eiland By Karel Schoeman
Op'n eiland By Karel Schoeman
Hardcover
ISBN 0798105674
Publisher: Human & Rosseau 1975
Used - Very Good. This book is in very good condition. The DJ has some limited signs of wear and tear but the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.
Daar is eilande wat deur geen mens bereik is nie, wit strande wat deur geen voet betree is nie; daar is fonteine van helder water waarvan niemand ooit gedrink het nie. Daar is gebiede wat op geen kaart vasgelê is nie en kuste waaraan daar nooit 'n naam gegee is nie; geen oor hoor daar die geroep van die voëls of die slag van die branders nie, die afstande ongemeet en die dieptes ongepeil - o ja, daar is eilande.
Die verteller, Ruud, gaan kuier op 'n Griekse eiland by die jong Suid-Afrikaanse skilder Johan, wat daar bly saam met sy Nederlandse vrou, Hilde, en hul babaseuntjie. 'n Ruk later kom Elsa, 'n vriendin van Hilde, ook daar aan. Die vier mense woon 'n tyd lank saam op die eiland, eenkant en geïsoleerd van die eilanders omdat hulle nie Grieks praat nie; op mekaar aangewese maar tog elkeen alleen. Die emosionele wisselwerking wat tussen mens en mens ontstaan, verkry algaande 'n verwikkeldheid wat uiteindelik moet uitrafel. Soos altyd, beeld Schoeman die wonderbaarheid van mense in hul verhouding tot mekaar, asook hul wesenlike eensaamheid, met helderheid uit.