Oomblikke van Spanning op Kommando by Ph.J du Plessis(Afrikaans text)

  • R425.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Ons Geskiedenis-serie 

Oomblikke van Spanning op Kommando by Ph.J du Plessis(Afrikaans text)

Hardcover

Publisher: Nasionale Pers, Beperk, 1942

Used - Very Good+. This book is in very good condition. Bound in pictorial cloth boards. The pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far with very mild age related wear. Previous owner name on first page.

The DJ is in a poor condition with wear and tear all over. The DJ is now protected with a Cellophane cover which keep it intact. Money back guarantee if you are not satisfied.

Account of the Anglo-Boer from the perspective of a Boer commando. 

Die skrywer van hierdie belangwekkende boek is goed bekend weens sy arbeid in verband met die geestelike opheffing van sy volksgenote. Uit hierdie werk van hom sal blyk dat hy reeds as jongeling - 'n seun van agtien jaar - hom geroepe gevoel het om sy lot met sy volk in die worsteljare gedurende die Tweede Vryheidsoorlog in te werp. Daar het sover baie min uit die geskiedenis van daardie stryd in Kaapland in druk verskyn. Daarom is hierdie herinnerings van een van die jong Kolonialers, wat aan die kant van die Republieke geveg het, baie welkom. Diegene onder ons volk, wat belangstel in daardie moedige vryheidstryd waarin soveel asberaden heid deur hom en ander seuns van ons volk aan die dag gelê is, sal die werk van die skrywer met dank ontvang. Hy vertel daarin van sy eie ervarings en waarnemings gedurende die agtien maande wat hy onder komdt. Fouché in die Oostelike Provinsie geveg het, en beskryf gebeurtenisse wat onvergeetlik sal bly in die geskiedenis van dapperheid en taaie volharding van hulle wat, nie om eie voordeel of eie eer nie, soveel gewaag en opgeoffer het. Kolonialers, wat by die Republikeine aangesluit het, het dit gedoen met die kennis dat die uiterste straf hulle wag as die oorwinning nie behaal kan word nie, en hulle was meestal jong manne wat op die hoogste offer en die grootste gevare voorbereid was. In hierdie boek vertel die skrywer op heel beskeie wyse van die kommando se wedervaardighede waaraan hy geen geringe aandeel geneem het nie, en hy skilder vir die leser die treffende omstandighede waaronder hy en sy medeburgers 'n ongelyke stryd teen die oormag van die vyand tot die einde gevoer het. Met die vertroue dat dit mag dien tot kweking van groter volkstrots en as 'n aanvuring vir seuns en dogters tot volharding in die nastrewing van hoë volksideale, beveel ek as medestryder hierdie werk by hulle almal aan.

187 bladsye insluitend 'n Lys van Name van Burgers wat onder Fouché en Malan in die Kaap Kolonie geveg het. 


We Also Recommend