NI Hou koers by Danie Langner
NI Hou koers by Danie Langner(Afrikaans)
NJ van der Merwe was as jong seun in die Norvalspont-konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog.
Description
Uitgewer: FAK
Kopiereg: Danie Langner
Datum: 2015
Toestand: Sagteband boek in “landscape” formaat net-net kleiner as A4-grootte, boek in nuwe toestand, beide hoekies krul effens maar boek is in algehele toestand pragtig en wel versorg.
Watter rol speel uitsonderlike persone in die geskiedenis? Weinig dinge is so goeie voorbeeld hiervan as die uitsonderlike lewe en persoon van doktor NJ van der Merwe. As ‘n jong seun is Van der Merwe, sy gesin en sy mede-Afrikaners aan die ekonomiese, sosiale en militêre mag van een van die grootste imperiale moondhede in menseheugenis oorgegee. In die proses is hulle in ‘n vernietigende oorlog gedompel. Van der Merwe en sy geslag het hulself nie bloot passief by hierdie onpersoonlike kragte neergelê nie.
NJ van der Merwe was as jong seun in die Norvalspont-konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog. Hier het hy geleer om die omstandighede van die kamp te oorleef.. Hier is heelwat geskiedenis van verskillende kampe ingesluit en waardevolle fotos ingesluit.