Missionaris: Roman (Afrikaans Edition) by Joubert, Elsa

  • R120.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Missionaris: Roman (Afrikaans Edition) by Joubert, Elsa

Hardcover, ISBN 9780624026631
Publisher: Tafelberg, 1988

Used - Very Good. This book is in very good condition. The cover have some limited signs of wear but the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover. Money back guarantee if you are not satisfied.

Missionaris is gebaseer op die lewe van die sendeling Aart Antonij van der Lingen (vader van die bekende ds. G.W.A. van der Lingen van die Paarl) wat vanaf die begin van die negentiende eeu in die Kaap sendingwerk doen en die verhaal speel af in die tydperk 1800–1818. Die protagonis is liggaamlik en geestelik ietwat van ’n swakkeling. Met ’n misvormde boggel het hy ook groter ontvanklikheid vir allerhande kwale en is gevolglik ’n gevoelige en sku persoon. Geestelik het hy geen gespesialiseerde opleiding ontvang nie en kwalifiseer slegs as leke-prediker. Te midde van al hierdie persoonlike uitdagings bevind hy hom boonop in ’n tyd van rusie tussen die kerk en sending en die blanke nedersetting se vyandelikheid teenoor die sendelinge, veral sy seniors Read en Van der Kemp. Die W.A. Hofmeyr-prys word in 1989 aan Missionaris toegeken en hierdie boek is dieselfde jaar op die kortlys vir die toekenning van die C.N.A.-prys en die Hertzogprys. Sy vertaal self hierdie boek in Engels as The hunchback missionary.


We Also Recommend