Laurika Postma: 'n biografie (Afrikaans Edition) by Pillman, Naka
Laurika Postma: 'n biografie (Afrikaans Edition) by Pillman, Naka.
(Afrikaner Sculptor Paul Kruger and Voortrekker Monument)
Used - Very Good. 104 pages (complete). In Afrikaans throughout. A beautiful copy with a very good DJ. Protected with a Cellophane cover The boards are covered in beige suede.
One copy without DJ-R450.00
Hardcover, ISBN 9780798613125
Publisher: De Jager-Haum, 1984
1st edition hardcover with dustjacket published 1984, 104 pages illustrated throughout in good condition.
Laurika Postma is one of South Africa's most prominent Africana sculptors having worked on the friezes for the Voortrekker Monument, the statue of president Paul Kruger in Krugersdorp and many others.
Laurika Postma was een van die 10 kinders van ds. Willem Postma en sy vrou, Susanna Elizabeth Sophia Snijman, oudste dogter van ds. W.J. Snyman, jare lange predikant van die Venterstad en suster van dr. P.C. Snijman, leraar van die Steynsburg van 1902 tot sy dood in 1915. Die Afrikaanse skryfster Minnie Postma was getroud met Philippus, die vyfde van die egpaar se 10 kinders.
Laurika se vader, wat ten tyde van haar geboorte predikant was van die Gereformeerde kerk Bethulie, het in 1903 na die Vrystaatse hoofstad verhuis waar hy die Gereformeerde kerk Bloemfontein op 13 Junie daardie jaar gestig het. Hy was ook bekend onder sy skrywersnaam, Dr. O'Kulis, skrywer van Die Eselskakebeen.
Terwyl sy in Bloemfonteinin matriek was, sterf haar vader onverwags op 13 Desember 1920 en moes sy die skool verlaat. Sy het gaan werk as tikster in die destydse Grey-universiteitskollege, tans die Universiteit van die Vrystaat. Agttien lang jare het sy stil voortgewerk, en die menigte studente was onbewus van die brandende begeerte om haar aan haar kuns te wy, wat haar elke beskikbare pennie laat spaar en menige jongmeisieplesier laat verontagsaam het. Sy het aandklasse geneem in teken en skilder en pryse gewen op kunswedstryde, maar soms was sy haar leermeesters vooruit, en sy het gevoel dat sy niks verder kom nie.
Uit die karige inkomste kon sy eindelik genoeg spaar om in 1935 'n jaar verlof te neem en vir ’n jaar oorsee te vertrek vir studie. Dit het die einde aan haar verlowing aan Jan Fourie beteken, wat later getroud is met Anne Francoise van Rooy, die sesde kind van ds. Koos van Rooy en Breggie Postma. Die Fouries se een dogter, Breggie, was getroud met ds. W.J.I.M. du Plessis.
By Milly Steger, ’n Duitse beeldhouer (15 Junie 1881 – 31 Oktober 1948), 'n leerling van die beroemde Georg Kolbe, in Berlyn moes Laurika Postma tot haar verrassing en ontnugtering verneem dat sy duidelik talent wys as beeldhoudster. Dadelik het sy daarmee begin en nooit weer teruggekyk na die skilderkuns nie, want sy het gevind dit is die medium waarin sy haar kon uitleef. In dié kort jaar van harde werk, waarin sy soveel moontlik rondgegaan het om alles te verwerk en in te drink, het sy ook in München les geneem by Ernst Balz (1904–1943) en het vinnig gevorder.
In 1942 het Postma die opdrag gekry om saam met Hennie Potgieter, Frikkie Kruger en Peter Kirchoff die historiese friese te maak vir die Voortrekkermonument, waaraan hulle vyf jaar gewerk het. Dis 'n werk wat besonderse dissipline en samewerking geverg het om 'n deurlopende eenheid te kry uit die werk van vier individue. Elkeen was verantwoordelik vir agt panele, en Postma het onder meer die “Vermoording van Dingaan", “Dirkie Uys", “Deborah Retief", “Aankoms van Pretorius", “Gelofte van Cilliers", “Die moedelose mans" en “Bloukrans" uitgebeeld.
Terug in Suid-Afrika moes sy van vooraf begin werk aan die Boerenooientjie, 'n treffende uitbeelding van die jong dogter wat moedig, ken omhoog, voortbeur in haar Voortrekkerdrag, teen 'n sterk wind in. Anton van Wouw het die beeld nog gesien by die gietery en baie daarvan gehou.
Daarna het sy 'n borsbeeld van haar oom, Totius (hy was getroud met haar oupa, ds. Dirk Postma se jongste dogter, in peinsende stemming, en op verskillende tye ook borsbeelde van press. Hoffman en M.T. Steyn van die Vrystaat, van D.F. Malherbe, van dr. Stals en van Irma Moerdyk voltooi. Een van haar vroeë werk was 'n plastiese beelding van “Griesel se skepsel", 'n swart vrou van oor die 100 jaar oud, die ene plooie.
In opdrag van 'n groep Afrikaners in Lusaka, Noord-Rhodesië, het sy 'n beeld gemaak van twee hande wat 'n fakkel omhoog hou. Postma het ’n besonderse liefde vir die beelding van hande gehad en het byvoorbeeld laat in die 1950’s 'n afbeelding van die biddende hande van die Gereformeerde Vrouevereniging se wapen “Bid en Werk” voltooi vir die Lettie du Plessis-eetsaal van die PU vir CHO.