Helkampe by Ewald Steenkamp(Afrikaans text)
Helkampe by Ewald Steenkamp(Afrikaans text)
Bienedell Uitgewers 2001
New A5 Softcover.
Die boek word opgedra aan die Vrouens en kinders van Suid-Afrika.
Die bekende foto van die uitgeteerde Lizzie van Zyl ‘n 7 jarige – letterlik ‘n geraamte – op die agterblad roer mens aan die hart. Die foto is in 1901 in die hospitaal geneem.
Elke vrou en kind wat in hierdie oorlog oorlede is, het gely vir die vryheid en reg van hul volk en nageslag. Hulle wil geen monumente daarvoor hê nie, geen eie-eer nie. Die grootste eer wat hulle aangedoen kan word is die verwesentliking van daardie ideaal waarvoor hulle gesterf het. Laat die nageslagte vir wie hulle gely het, besieling en krag uit hul dapperheid put en bou die fondament wat hulle met hul bloed op die grond van Suid-Afrika gelê het. – Ewald Steenkamp –