Gwelo Goodman - South African Artist by Joyce Newton Thompson
Highly Collectible - De Luxe Edition limited to 250 copies, signed by the author.
Gwelo Goodman - South African Artist by Joyce Newton Thompson
George Allen & Unwin Ltd
Hardcover 152 pages, frontispiece portrait of the artist, 16 colour plates and many black & white reproductions of Goodman’s paintings, full red leather gilt, light spotting on the page edges, a good copy.
Wear and tear on top and bottom of spine and book corners- see picture
- Binding Condition: Good
- Overall Condition: Good
- Size: Small 4to (250 x 190 mm)
Gwelo Goodman (1871-1939) is een van die min Suid-Afrikaanse Na- Impressionistiese kunstenaars en verteenwoordigend van die groep kunstenaars wat in die vroeë 20e eeu in Suid-Afrika werksaam was. Benewens die skilderkuns het Goodman 'n groot voorliefde vir argitektuur gehad en was onder meer behulpsaam met restourasiewerk en die ontwerp van huise in die Kaap. Hy is veraf bekend vir sy landskappe en blomstudies.
Robert Gwelo Goodman is in 1871 in Engeland gebore. Hy het op 15-jarige leeftyd saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. Hier het hy en sy vader in diens van die spoorweë getree. Goodman het van jongs af in die kuns belang gestel. In Nuweland, waar hy stasieklerk was, het hy saans onder leiding van John Morland met kunsklasse begin. Morland het hom sterk aangeraai om verder in die buiteland te gaan studeer en hom voltyds op die skilderkuns toe te lê.
Goodman het pastel, waterverf en olieverf gebruik. Sy kleurgebruik was altyd ryk en vol atmosfeer. Hy het graag blomstudies, veral van rose, stillewes en die Suid-Afrikaanse landskap geskilder. Goodman was ook bekend vir sy studies van ou Kaapse huise, wat hy met kleur en atmosfeer belaai het. Hy was die eerste kunstenaar wat die mynhope van Johannesburg geskilder het en dit het 'n gesogte tema onder die inwoners van dié mynstad geword.