Generaal Louis Botha Op Die Natalse Front 1894-1900: Sy Rol in Die Groot Veldslae Van Die Tugelalinie Kaarte/ Fotos / Bibliografie / Register by C.J Barnard
Very Scarce edition in a very good condition.
Generaal Louis Botha Op Die Natalse Front 1894-1900: Sy Rol in Die Groot Veldslae Van Die Tugela linie Kaarte/ Fotos / Bibliografie / Register by C.J Barnard. (Afrikaans edition)
Hardcover
Publisher: A.A. Balkema, 1970 first edition.
Condition: Very Good+. This book is in an excellent condition. The DJ has some very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. Previous owner name and stamp neatly inscribed on the back of the front cover. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.
Genl. Louis Botha (1862–1919) was 'n Boeregeneraal van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy het tydens die laaste twintig jaar van sy lewe 'n baie belangrike rol in die politiek van Suid-Afrika gespeel, onder meer as een van die grondleggers daarvan, en van 1910 tot 1919 die eerste eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.
Louis Botha is op 27 September 1862 in die omgewing van die huidige Greytown in KwaZulu-Natal gebore. Sy ouers was Voortrekkers wat in die grensgebied tussen die nuutgestigte Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR of Transvaal) en Natal gevestig het. Hy was die negende van dertien kinders. Die gesin het hulle kort na sy geboorte in die Vrystaat gevestig.
In 1880 het hy in die geheim aan die Eerste Vryheidsoorlog deelgeneem, hoewel dié oorlog nie die Vrystaat betrek het nie. In 1884 was hy deel van ’n groep Boere wat die deurslag in ’n konflik tussen twee Zoeloe-faksies deelgeneem het. In 1897 het hy volksraadslid vir die kiesafdeling Vryheid in die ZAR geword.
Botha, soos etlike ander Boeregeneraals, het deur die Tweede Vryheidsoorlog ’n roemryke leier geword. Hy het as gewone burger onder generaal Lukas Meyer by die Vryheid-kommando aangesluit. Uit die staanspoor was dit duidelik dat hy ‘n goeie oog vir militêre strategie gehad het en binne weke is hy tot veggeneraal bevorder. Met die dood van kommandant-generaal Piet Joubert in Maart 1900, het Botha hom opgevolg. In dié amp sou hy tot met die Vrede van Vereeniging in 1902 dien.
Na die oorlog was Botha ’n prominente leier in Transvaal en met die instelling van verantwoordelike regering het hy eerste minister geword. In 1910 word hy eerste minister van die nuwe Unie van Suid-Afrika. In die pos speel hy ’n belangrike rol in die Eerste Wêreldoorlog, maar sterf op 27 Augustus 1919, ’n maand voor sy sewe en vyftigste verjaardag. Emosionele uitputting en oorgewig word as redes vir sy vroeë sterfte aangedui.
Louis Botha was een van die eerste Afrikaners wat wêreldwyd bekend geword het en met groot agting bejeën is. Sy grootste erfenis is die Suid-Afrikaanse staat, iets wat byna honderd jaar na sy dood nog steeds bestaan. Die vraag is, soos in Botha se tyd, of dié staat genoeg ruimte vir al sy verskillende kultuurgroepe maak.