Frik: Die Outobiografie Van N Legende by Chris Schoeman

  • R180.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Frik: Die Outobiografie Van N Legende by Chris Schoeman

Softcover
Publisher: Don Nelson, 2004
Used - Very Good: Don Nelson, 2004. First Afrikaans. Very Good. The wraps are in a very good condition and appear as new. Internally clean and tightly bound. Complete with 255 pages. Afrikaans language.

Frik is die outobiografie van een van die land se grootste sportlegendes en jarelange held van Loftus Versfeld, Frik du Preez. Frik is in 2000 aangewys as Suid-Afrika se speler van die eeu en was die eerste Suid-Afrikaner saam met Danie Craven om in die beroemde Hall of Fame vereer te word. Met 111 wedstryde vir Noord-Transvaal en 38 toetse en 49 toetswedstryde vir die Springbokke het hy van 1958 -1971 diep, diep spore in Suid-Afrikaanse rugby getrap. Maar dit was ook as mens en een van die groot karakters van die spel dat Frik se gewildheid tot vandag voortleef.

In Frik gesels hy in sy kenmerkende kleurryke taal oor:

sy jeugjare in die Bosveld en Blou Bul- en Springbokdrome

sy twaalf seisoene van dan bo, dan onder, in die Groen en Goud

hoe hy destyds deur SA rugbybase "geswartlys" is

die Curriebeker en die dag toe hy ge-drop, ge-place en ge-score het

groot rugbygeeste soos Dok Craven, Louis Luyt en Buurman van Zyl

opspraakwekkende gebeure tydens die Blou Bulle presidentsverkiesing in 2001

die room van SA rugby en die heel grotes van sy tyd

die spel in sy tyd en in die moderne era

die stand van SA rugby en die dinge wat pla


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X