Die Vredes-onderhandelinge by Kestell J.D. Rev and van Velden D.E.(Afrikaans)
Die Vredes-onderhandelinge by Kestell J.D. Rev and van Velden D.E.
...tussen die regerings van twee Suid-Afrikaanse Republieke en die verteenwoordigers van die Britse regering wat uitgeloop het op die vrede wat op 31 Mei 1902 op Vereeniging gesluit is.
Hardcover, ISBN 9780798113151
Publisher: Human & Rousseau, 1982
Used - Very Good +. DJ has some very slight edge wear and tear but the book is in Mint condition. Protected with a fresh Cellophane cover.
“Ons staan hier by die graf van die twee Republieke. Laat ons God bid om ons te lei en ons te wys hoe ons ons volk bymekaar moet hou. Met hierdie woorde wil ek offisieel afskeid neem van u, onse geagte kommandant-generaal, generaal De Wet, lede van albei Uitvoerende Rade en die afgevaardigdes.”
Op hierdie wyse het S. W. Burger, waarnemende staats-president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, op 31 Mei 1902 die Vredesonderhandelinge op Vereeniging afgesluit en daarmee ‘n einde gemaak aan ‘n tydvak in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
In Die Vredesonderhandelinge, wat nou vir die eerste keer in Afrikaans verskyn, word die volledige notule van die samesprekings wat tot hierdie gebeurtenis gelei het, gepubliseer. Die sielewroeging, diepe selfondersoek en pynigende kommer oor die toekoms van die Boerevolk wat die onderhandelinge op Klerksdorp, Vereeniging en in Pretoria gekenmerk het, het behoue gebly in Fred le Roux se vertaling van die aangrypende oorspronklike teks, wat in 1909 in Nederlands gepubliseer is.
Die leser leef hom in in die gewetenstryd wat die Boere-afgevaardigdes moes deurmaak voordat hulle tot die onontwykbare besluit gekom het: Die oorlog was verlore; daar was geen hoop om voort te gaan nie.
Benewens die notule van die Vredesonderhandelinge bevat die boek ook al die korrespondensie en al die amptelike dokumente wat daarop betrekking het – telkens onveranderd in die taal waarin die oorspronklike geskryf is. Daar is ook foto’s van die hooffigure en illustrasies van sommige van die dokumente.
Die Vredesonderhandelinge is ‘n outentieke weergawe van alles wat tydens die Onderhandelinge gesê is. As sodanig is dit ‘n unieke dokument oor een van die belangrikste gebeurtenisse in ons geskiedenis en moet dit besit en gelees word deur almal vir wie die veelbewoë verlede van ons land na aan die hart lê.