Die Vlakte: Etse vir Gedigte van F.E. Cilliers deur Hans Anton Aschenborn

  • R450.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Baie Skaars-Beperkte Oplaag van 200 Eksemplare.

Die Vlakte: Etse vir Gedigte van F.E. Cilliers deur Hans Anton Aschenborn

Phoenix 1975

Sagteblad huls met eerste Ets op omslag en 4 ander Etse los binne die omslag. Ge-ets op n dik karton-agtige Kuns papier

Kondisie: Baie goed. Die omslag toon geringe hanterings verwante verweer op rante maar die Etse is skoon en in n baie goeie kondisie.

Johannes Francois Elias Celliers (12 Januarie 1865 – 1 Junie 1940) was 'n Afrikaanse digter, kortverhaalskrywer en dramaturg. Hy is veral bekend vir Die vlakte en ander gedigte (1908) en die epiese gedig Martjie (1911). Een van sy bekendste gedigte is Dis al.

Celliers het in 1874 met 'n ossewa na Pretoria getrek, waar sy vader, Jan F. Celliers oprigter en eerste redakteur van De Volksstem geword het. Hy studeer in Pretoria, Stellenbosch, Wellington en Delft (1887–1890). Daarna het hy as landmeter en later as staatsbibliotekaris in Pretoria (1894–1899) gewerk. Tydens die Anglo-Boereoorlog was hy op kommando en het hy 'n oorlogsdagboek gehou, wat later gepubliseer is. Ná die oorlog het hy saam met sy gesin na Europa verhuis, waar hy hom in die letterkunde verdiep het. In 1907 keer het hy en sy gesin na Suid-Afrika terug.

Hy was die medestigter van Die Brandwag, wat bedoel was om Afrikaans as taal te bevorder. Hy was in hierdie tyd ook in die departement van binnelandse sake in Pretoria werksaam. Van 1918 tot met sy aftrede was hy professor aan die Universiteit van Stellenbosch. Ná sy aftrede vestig hy hom eers in Kaapstad, maar later op Harrismith in die Vrystaat.

Hans Anton Aschenborn (1 Februarie 1888 – 10 April 1931) was 'n kunstenaar en skrywer bekend vir sy skilderye en illustrasies van diere in Suid-Afrika en Duitsland. Ook sy seun Dieter Aschenborn (15 November 1915 – 11 September 2002) en sy kleinseun Uli Aschenborn[1] (6 September 1947) is al twee bekende diereskilders in Suider-Afrika.[2] Die kuns van die Aschenborns is in galerye, museums en openbare geboue in Namibië te vind. Al drie Aschenborns behoort tot die grootste kunstenaars ter wêreld en hul kuns tot die wêrelderfenis volgens United Artists Rating.[3] In die ouer Duitse Thieme-Becker of Saur kunsensiklopedies is oor Hans Anton Aschenborn geskryf en daar is ook ’n verhandeling vir 'n meestersgraad gedoen oor Hans Anton Aschenborns se grafiese werk in die kultuurtydskrif Lantern van 1965  en 'n doktorale proefskrif.

Hans Anton Aschenborn, Sangiro en Pierneef was vriende. Aschenborn het illustrasies gemaak vir Sangiro se 'Uit Oerwoud en Vlakte' en sy 'Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld'. Aschenborn se eie boeke soos 'Onduno und andere Tiergeschichten' en 'Satan und andere afrikanische Erzählungen' is in Afrikaans vertaal. In 1916 het hy die teks vir die lied "Heia Safari" geskryf.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X