Die Verbasende Bram Fischer by Ludi, Gerard; Grobbelaar, Blaar (Afrikaans text)
Die Verbasende Bram Fischer by Ludi, Gerard; Grobbelaar, Blaar (Afrikaans text)
Hardcover
Publisher: Nasionale Boekhandel, 1966
Used - Very Good. DJ has some wear. Pages are clean and clear with no markings. Presents beautiful under Cellophane.
Op die flappie: "Met inagneming van al die om standighede word die beskuldigde op die aanklag van sabotasie tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis." So lui 'n deel van die uitspraak in een van die mees opspraakwek kende hofsake wat nog ooit in Suid Afrika verhoor is - dié teen adv. Abram Fischer, S.C., Suid-Afrika se belangrikste Kommunis. 'n Blink toekoms het gewag op Bram Fischer, die seun van 'n regter president van die Oranje-Vrystaat, en die kleinseun van 'n minister van die eerste Unie-kabinet. Op sy 21ste verjaardag skryf Ouma Steyn, egge note van die laaste president van die Vrystaatse Republiek: "As 'n kind en as 'n student was jy 'n voorbeeld vir almal. Ek weet dat Bram Fischer nog 'n eerbare plek in die geskiede nis van Suid-Afrika sal vul." Bram Fischer het as advokaat internasionale roem verwerf, maar hy het ook die ideale van sy jeug prys gegee en hom in die kamp van sy eie mense se bitterste vyand - die Kommunisme - tuisgemaak. Hoe het dit gebeur en wanneer het dit begin? Blaar Grobbelaar - 'n joernalis - en Gerard Ludi - geheime agent Q-018 van die Veiligheidspolisie wat daarin geslaag het om die Kommunistiese Party binne te dring - skets die geskiedenis van die Kommunistiese Party in Suid-Afrika en Bram Fischer se verbintenis met die Party. Hulle gee 'n kykie in n lewe van goed beplande ondermyning, sabotasie, terrorisme, die ondergrondse mobilisasie van guerrillavegters, knap vermommings - kortom, die geheime lewe van die verbasende Bram Fischer.