Die Moord Op Dr Verwoerd by J.J.J. Scholtz(Afrikaans text)
Die Moord Op Dr Verwoerd by J.J.J. Scholtz(Afrikaans text)
Hardcover
Publisher: Nasionale Boekhandel, 1967
Condition: Good. The original boards with a DJ are shelf rubbed and edge worn. This book was read and enjoyed but is still overall good. The book has no inscriptions and the binding is excellent. The book is protected with a Cellophane cover.
6 September 1966. Die Republiek Suid-Afrika treur want een van die grootste denkbare rampe wat hom in hierdie stadium kon tref, het hom werklik oorval 'n . Gevoel van vernietigende verlies het hom oor die hele land uitgebrei," het koerante in Suid-Afrika gesê. Maar so makaber en ongelooflik was die treurspel wat hom op 6 September 1966 in die Parlementshuis, Kaapstad, afgespeel het dat die Suid-Afrikaanse volk tot lank daarna nog nie die volle omvang daarvan besef het nie. In Die Moord op Dr. Verwoerd word hierdie skrikwekkende gebeurtenis uit verskillende hoeke belig: Dr. H. F. Verwoerd, sy unieke posisie op die Suid-Afrikaanse politieke toneel; Demetrio Tsafendas, wie hy was, die vreemde manier waarop die toeval Tsafendas se pad vir hom na dr. Verwoerd se bank in die Raadsaal gebaan het; mev. Verwoerd, die kalmte waarmee sy op die sluipmoord ge reageer het; die reaksie in Suid-Afrika op die sluipmoord; die Tsafendas - verhoor; die openbaringe van die Van Wyk-verslag. J.J. J. Scholtz, assistent-redakteur en politieke beriggewer van Die Burger, laat die soeklig op al hierdie vlakke val met 'n objektiwiteit wat die leser in staat stel om die moord op dr. Verwoerd in volle perspektief te sien. 149 bladsye, swart en wit fotos.