Die Groot Anders-Maak by Jan Rabie
Die Groot Anders-Maak by Jan Rabie
Publisher: Human & Rousseau
Publication Date: 1964
Binding: Hardcover
Book Condition: Good
Dust Jacket Condition: Good. Edge wear. Previous owner name on first page. Slight tanning. Protected with a Cellophane cover
Edition: First Edition.
Die groot anders-maak (1964) is die tweede deel van Jan Rabie se reeks prosawerke oor die vroee geskiedenis aan die suidpunt van Afrika, wat onder die algemene titel Bolandia verskyn het. Die eerste deel was Eiland voor Afrika (1964), die derde deel Waar jy sterwe (1966) en die vierde Ark (1977). Toe die eerste wit trekboere die berge tussen die Boland en die Karoo oorgesteek het op soek na nuwe weiding vir hul steeds aangroeiende veetroppe, was dit die begin van die einde vir die onafhanklike leefwyse van die Khoi-Khoi wat so lank die heersers oor die uitgestrekte vlaktes was. Aan die hand van die lotgevalle van die Hottentotvrou Keas, wat die witmense se lewenswyse leer ken en aanvaar het, maar dan probeer om na haar volk terug te gaan en ontdek dat hulle reeds tot ondergang gedoem is, teken Jan Rabie in Die groot anders-maak die sedelike en fisieke verval van 'n trotse ras en eiesoortige lewensvorm wat nie kon staande bly teen die invloede wat van die nuwe, Europese, intrekkers uitgegaan het nie. "Rabie se [Bolandia]-tetralogie [is] een van die deurtastendste verkennings van die Afrikaner se herkoms en identiteit en - veral wat Die groot anders-maak en Waar jy sterwe betref - 'n waardige bydrae tot die "roots"-verkenning in die hedendaagse literatuur"- JC Kannemeyer. "Die hele verwikkeldheid van ons vroee geskiedenis kristalliseer hier. …" - Anna van Zyl, Kriterium. This novel was published in 1964 as part of a series of novels depicting the early history of Southern Africa, and was regarded as Rabie's best novel. When the first white farmers crossed the mountains from the Boland into the Karoo it was the beginning of the end for the Khoikhoi people who had lived in these parts for so long. This is the poignant story of the decline of a once proud race.