Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans Edition) by Blake, Albert
Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans Edition) by Blake, Albert
Softcover, ISBN 9780624049227
Publisher: Tafelberg, 2010
Used - Very Good. Afrikaans text. The wraps are a little shelf rubbed and edge worn. The book is complete with all plates as called for. The binding is excellent.
Die Anglo-Boereoorlog het nie net helde opgelewer nie. In dié stryd het broer teen broer ook teen mekaar te staan gekom. Duisende republikeinse burgers het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander weer inligting oor die Boeremagte aan die vyand verskaf het. Die straf vir hul verraad? Die dood. In Boereverraaier word dié teregstellings dramaties herskep met aanhalings uit dagboeke en veldverslae. Daar is tragiese verhale soos dié van vier broers van Wakkerstroom wat almal op een dag gefusilleer is en kommandolede wat van hul voormalige makkers moes teregstel.
"Die straf vir dié verraad? Die dood.
In een geval moes kommandolede van hul voormalige makkers teregstel, terwyl vier broers van Wakkerstroom wat die wapen opgeneem het teen die Boeremagte almal op dieselfde dag gefusilleer is.
Albert Blake het argiewe gefynkam, vergete grafstene gevind en die nageslag van tereggesteldes opgespoor om vas te stel hoe diep die verskynsel van verraad die Afrikaner geraak het. Hy het selfs afgekom op teregstellings wat nie vantevore al opgeteken is nie.
Hy haal uit dagboeke en veldverslae aan om die teregstellings dramaties te herskep. Blake ontbloot hoe Boereverraad tydens die dekades van Afrikaner-nasionalisme onder die mat gevee is, maar ook hoe dit tot in die 20ste eeu nog by Afrikaners gespook het.
“Hierdie is die enigste en mees betroubare . . . manuskrip oor die onderwerp ooit in Suid-Afrika geskryf.”
A gripping account of Boer treason during the Anglo-Boer War. Boer turned on Boer when burghers joined the British forces or helped them in any other way. With extracts from diaries and field reports Albert Blake recounts the drama of executions by firing squad and highlights the trauma it inflicted on both the executioners and family of the executed."
Paperback, 351 pages