Boerekryger - n Seun se Hoogste Offer by Albert Blake
Boerekryger - n Seun se Hoogste Offer by Albert Blake (Afrikaans text)
Softcover, ISBN 978062405343
Tafelberg Publishers, 2012 First Edition.
Used - Very Good. This book is in very good condition. The wraps have some slight/limited signs of wear but the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Op 17 sluit die talentvolle maar aweregse Henning Viljoen, 'n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir die volgende twee jaar beskryf hy die lewe op kommando in sy dagboeke voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf. Die jonge Henning se eerlike, lewendige beskrywings bied 'n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Wanneer hy byvoorbeeld mooi Boeremeisies op die plase teekom, is sy reaksies tipies van 'n jong man. Hy vertel egter ook van swaarkry en verliese, asook sy skok oor fusillerings. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans – eens sy speelmaats – tereggestel word. Die dagboeke vertel van die noue band tussen hom en sy korrelkop pa, 'n generaal. Na sy seun se dood sukkel sy pa om tot berusting te kom en lewer 'n anti-oorlog pleidooi in 'n brief aan genl. Louis Botha. Die laaste hoofstuk ondersoek die Bittereinders se sielkundige motivering. Blake vra ook die kritiese vraag: moes hulle so lank met die stryd aangehou het?