Beeld van die SWA Gebiedsmag by PHR Snyman

  • R1,200.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


This book is extremely Rare and even more in this Very Good + Condition.

Beeld van die SWA Gebiedsmag by PHR Snyman(Afrikaans)

Publisher: Openbare Betrekkinge

Publication Date: 1989

Binding: Hardcover 

Edition: 1st Edition.

ISBN is 9780621126426/062112642X

Book and DJ very good. Slight edge wear to DJ. Covered in a Cellophane cover.

Voorwoord tot Beeld van die SWA Gebiedsmag (P. H. R. Snyman) deur Genl.-Maj. W.C. Meyer, Bevelvoerende Generaal van die SWA Gebiedsmag ten tyde van demobilisasie in Mei 1989.

 Waarskynlik die merkwaardigste aspek van die 'bosoorlog' wat sedert Augustus 1966 aan die noordgrens van SWA/Namibië gevoer is teen SWAPO se People's Liberation Army of Namibia was die betrokkenheid van die land se inwoners in die stryd teen hul sogenaamde bevryders. Die rede is voor die hand liggend: SWA/Namibië se mense het baie gou agtergekom dat die gewapende insypelaars se hoofdoel die saai van terreur was. In die heel eerste voorval waarby die terroriste betrokke was, is twee winkels naby Oshikango geplunder en twee burgerlikes - 'n winkeleienaar en 'n Owambo-winkelassistent - vermoor. Daama is die patroon van Swapo se terreur-veldtog gevestig deur die sabotasie van die infrastruktuur, asook die intimidasie van die bevolking met aanvalle op hoofmanne en hul volgelinge, ontvoerings en die lê van landmyne. In die loop van die stryd het meer as 2 000 onskuldige burgerlikes hul lewens verloor weens moord, landmyne, sabotasie, ensovoorts. Nog vele meer gesinne is ontwrig deur beseerde slagoffers en ontvoerings. Suidwes se mense het nie gehuiwer nie om self deel van die verantwoordelikheid vir hul beskerming en beveiliging te aanvaar en teen die einde van die 'bosoorlog' was twee derdes van die Vegelemente wat in die operasionele gebied ontplooi was, lid van die SWA Gebiedsmag. Tagtig persent van hierdie Suidwesters was swart of bruin en die eenheid met die beste gevegsrekord in die hele Weermag, was 101 Bataljon. Maar 'n mens maak 'n groot fout as jy die SWA Gebiedsmag net as die voltydse vegbataljons sien. Die verdedigingsbydrae van die deeltydse soldaat - die vrywilliger of dienspligtige wat in die reaksie- of areamag gedien het - was ontsaglik groot en strek terug tot die jare twintig. Agter die skerms in die hoofkwartiere en ondersteuningsdienste was daar ook talle wat hard gewerk het om Suidwes se eie verdedigingsorganisasie op die been te bring en uit te bou. By demobilisasie in Mei 1989 het die SWA Gebiedsmag beskik oor agt voltydse vegbataljons, 26 areamageen-hede, 'n reaksiemagbrigade bestaande uit nege eenhede, 'n voltydse logistieke brigade bestaande uit ses eenhede, twee spesialiste-eenhede, 'n militêre skool, lugeskader en ander ondersteuningselemente. Volgens kenners se berekeninge was dit sterker as die weermagte van 39 Afrika-state en het homdie doel deeglik in die Operasionele Gebied laat geld. Hierdie boek, Beeld van die SWA Gebiedsmag deur P. H. R. Snyman, die eerste maar waarskynlik nie die laaste in sy soort nie, is 'n gepaste huldeblyk aan die duisende mans en vroue wat hul lewens vir hul land veil gehad het. 'n Opregte woord van dank aan die skrywer, P.H.R. Snyman, en sy span navorsers wat hom bygestaan het: A.G. Oberholster, C.C. Eloff en A. de V. Minnaar, asook kmdt. Sophia du Preez van die SA Weermag se Direktoraat Openbare Betrekkinge, wat aan die spits van die projek gestaan het. U poging sal deur almal wat betrokke was, waardeer word.

 


We Also Recommend