Ander lewens: 'n roman in drie dele by Brink, Andre P.(Afrikaans text)
Ander lewens: 'n roman in drie dele by Brink, Andre P.(Afrikaans text)
Hardcover, ISBN 9780798149259
Publisher: Human & Rosseau, 2008
Used - Very Good+. This book is in very good condition. The cover have some very limited signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover. Money back guarantee if you are not satisfied.
Hierdie boeiende drie novelles word op intrigerende wyse aan mekaar verbind deur oorvleuelende karakters en plekke, asook tematiese ooreenkomste. Die drie vertellers is al drie kunstenaars – ’n skilder, ’n argitek, ’n pianis.
Die Blou Deur begin met ’n droom en ’n verwysing na Kafka se Metamorfose. In hierdie verhaal vervaag die grense tussen die droomwêreld en die realiteit ook soos by Kafka. Kunstenaar David het ’n kothuis wat hy as ateljee gebruik en waarheen hy gaan om te skilder. En op ’n dag wanneer hy daar aankom, bevind hy hom in ’n ander werklikheid: ’n donkerkop vrou en twee kinders heet hom welkom asof hy deel is van hulle gesin ...
In Spieël maak argitek Steve een oggend die ontdekking dat hy nou swart is. Daardie dag ervaar hy dinge en mense telkens op ’n heel ander wyse, en word hy gekonfronteer met die probleem van identiteit. Totdat alles tot ’n keerpunt kom die aand toe hy en sy vrou Carla saam met ander mense in ’n restaurant deur ’n groep gemaskerde mans oorval word.
In Appassionata raak pianis Derek Hugo betrokke in ’n verhouding met sangeres Nina Rousseau – ’n verhouding wat egter op haar aandrang platonies bly. Maar alles verander na ’n gewelddadige voorval in ’n restaurant, toe Nina daarop aandring dat hulle vir ’n paar dae na haar ou familieplaas toe gaan – ’n plek met ’n donker geskiedenis.
Soos sy lesers van André Brink kan verwag: hier is weer eens die meesterverteller aan die woord!