Suidwes - Afrika na Namibie - 'n Politieke Bosoorlog - JWF (Koos) Pretorius (Afrikaans)
This Special Book was gifted, Inscribed and signed by the Author. The book was a gift and come from the personal Library of Hermann Giliomee, an author of historical and political studies, former Professor of Political Studies at the University of Cape Town, President of the South African Institute of Race Relations and Extraordinary Professor of History at the Stellenbosch University.
Suidwes - Afrika na Namibie - 'n Politieke Bosoorlog - JWF (Koos) Pretorius Afrikaans)
In hierdie book beskryf J W F(Koos) Pretorius sy loopbaan as politikus en gelyktydig die politieke wording van Suidwes-Afrika na Namibië
Softcover, ISBN 9780958421614
Publisher: Olimpiade Uitgewers-, 2014
Condition: Very Good.This book is in an excellent condition. The wraps have some very, very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Namibië is ’n republiek in Suider-Afrika waarvan die westelike grens die Atlantiese Oseaan is. Die land grens ook aan Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die ooste en Suid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aan Zimbabwe grens nie, is Namibië deur 200 m van die Zambezirivier se rivierbedding van Zimbabwe geskei (dit is waar die grens met Zambië en Botswana is). Volgens ander menings ontmoet die grense van die vier lande Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe op een enkele punt en sal vervolgens die enigste internasionale vierlandepunt wêreldwyd vorm. Namibië land het op 21 Maart 1990 onafhanklikheid van Suid-Afrika gekry na afloop van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog. Die hoofstad en grootste stad is Windhoek. Namibië is ’n lidland van die Afrika-unie, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Namibië geniet ’n hoë politieke, ekonomiese en sosiale stabiliteit.
Die naam "Namibië" is afgelei van die Namibwoestyn, wat die hele kusgebied van dié land beslaan. Dit is as ’n neutrale naam ná dié land se onafhanklikheid gekies om ’n moontlike benadeling van een van die Namibiese volke te voorkom. Mburumba Karina word as Namibië se naamgewer beskou.