Tannie Pompie se Oorlog - In die Driehoek van die Dood - Deon Lamprecht (Afrikaans)
Tannie Pompie se Oorlog - In die Driehoek van die Dood - Deon Lamprecht (Afrikaans)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 224
Uitgegee: 2015 (Tafelberg)
ISBN: 9780624054191
Condition: Very Good.This book is in an excellent condition. The wraps have some very, very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio’s ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed.
Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-insurgente het die land jaarliks deur dié gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val.
Deon Lamprecht herskep die gebeure om ’n Swapo-hinderlaag in die gebied met ’n onmiddellikheid wat jou aan die keel gryp. Hy beskryf dit vanuit die perspektief van kommandant Roland de Vries, bevelvoerder van 61 Meg, die burgerlike vrywilligers en tannie Pompie, wie se man en skoonseun in die hinderlaag was.
Tannie Pompie se Oorlog is ’n spannende en diep menslike storie wat wys daar is geen wenners in ’n oorlog nie.