Kopwond - Vergete slagoffers van die Bosoorlog - Feinstein (Afrikaans)
Kopwond - Vergete slagoffers van die Bosoorlog - Feinstein (Afrikaans)
Publisher: Tafelberg
Date: 2011
Edition: 1st; 1st Print
Softcover
Pages: 228 Afterword included
ISBN: 978-0-624-05287-6
Condition: Very Good +. This book is in very good condition. The wraps have some very slight/limited signs of wear and the book pages are clean, intact and the corners and spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Die eerstehandse verhaal van n jong Suid-Afrikaanse dokter se ervarings in die psigiatriese eenheid van die weermag in die Grensoorlog. As onwillige diensplig-dokter word die jong Anthony Feinstein ingedeel by die weermag se psigiatriese eenheid met net enkele weke se opleiding in dié veld. Kopwond is die verhaal van sy ervaring in die behandeling van getraumatiseerde dienspligtiges en n verskeidenheid psigoses wat deur die oorlog veroorsaak word. Hy begin by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria waar sy eerste pasiënte met die sterre praat of dink hulle is Jesus. Dan word hy na Oshakati, die grootste militêre basis in die oorlogsone, gestuur, om troepe vir post-traumatiese stressindroom te toets. Maar die wêreld wat hy betree is ook een van alkoholisme, slaaploosheid, gesinsgeweld en geslagsiektes. Gedurende n skof by n Koevoet-buitepos ervaar hy soldate se skokkende wreedheid en die uitwerking daarvan op hulle psiges. Sy openhartige verhaal onthul n aspek van die oorlog waaroor selde gepraat word.